Augustus se inflasie effe op na 4,7%

Inflasie-syfers vir Augustus is bekend. Die Namibiese Statistieke-agentskap sê die syfer is op 4,7 persent aangeteken, teenoor 4,5 persent in Julie en 7,3 persent wat in Augustus verlede jaar gemeet is. Voedsel, sowel as alkoholiese drankies en tabak het die meeste bygedra tot die syfer. Sone 1, die Noorde, het die hoogste inflasie gehad met 5,3 persent terwyl Khomas, of Sone 2, 4,5 persent aangeteken het met die Suide, met Erongo en Omaheke, of te wel Sone 3, wat die laagste inflasie, 4 persent, ervaar het. ‘n Standaard witbrood was in Augustus die duurste in die Khomas-streek.