Thabo Bester se minnares bly agter tralies
Die landdroshof in Bloemfontein het borgtog geweier aan die minnares van die Facebook-verkragter en moordenaar Thabo Bester, Nandipha Magudumana. Die paartjie het in Maart land-uit gevlug toe dit bekend geword het dat Bester nie in Mei verlede jaar in ‘n brand in sy tronksel dood is nie. Hulle is in April in Tanzanië aangekeer. Landdros Estelle de Lange het bevind geen borgtogvoorwaarde kan waarborg dat Magudumana in die hof sal verskyn nie. Sy sê daar is geen bewyse dat haar lewe in die tronk in gevaar sou wees nie: