Skande dat die ANC kaderontplooiing wil behou

Die DA sê die ANC vertraag die onafwendbare deur die Konstitusionele Hof te nader om teen die Appèlhof se beslissing oor sy kaderontplooiingsrekords te appelleer. Die laer hof het die ANC verlede week opdrag gegee om die rekords van sy kaderontplooiingskomitee se vergaderings sedert 1 Januarie 2013 te oorhandig. Dit is die datum waarop president Cyril Ramaphosa voorsitter geword het. Leon Schreiber van die DA sê die ANC is deur sy stelsel van kaderontplooiing regstreeks verantwoordelik vir staatskaping, ongebreidelde korrupsie en die ineenstorting van dienslewering: