Rubiales bedank na soen-herrie
Luis Rubiales het as president van Spanje se sokkerfederasie bedank na sy omstrede soen vir die speler Jenni Hermoso by die Vroue-wêreldbeker. Die 46-jarige het ook as visepresident van UEFA, die unie van Europese sokkerverenigings se uitvoerende komitee bedank. Rubiales het die middelveldspeler tydens die trofee-oorhandiging gesoen ná Spanje se oorwinning teen Engeland in verlede maand se Wêredbeker-eindstryd. Hermoso sê sy het nie ingestem tot die soen nie. Rubiales het in ‘n onderhoud met Piers Morgan gesê hy moet uittree omdat hy nie met sy werk kan voortgaan nie: