Reaksie op wanvoeding, sterftes in OmahekeSeptember 11, 2023
Reaksie word ontvang op die wanvoeding wat voorkom in die Omaheke-streek, ‘n bekende en suksesvolle landbou-gebied in Namibië. Daar is vroeër berig dat 45 kinders onder die ouderdom van vyf vanjaar aan wanvoeding in die Omaheke-streek dood is. In Julie en Augustus is 11 nuwe gevalle van wanvoeding bevestig met een sterfte wat aangeteken is. Piet Gouws, die president van die Namibiese Landbou-unie het sy reaksie so verwoord.
Gouws sê daar is geleenthede om wanvoeding aan te spreek.