Polisie begin 841 nuwe kadetkonstables opleiSeptember 11, 2023

Die inspekteur-generaal van die Namibiese polisiemag, luitenant-generaal Joseph Shikongo het Maandag amptelik die eerste polisie-opleidingskursus vir 2023/24 by die Ruben ‘Danger’ Ashipala-polisie-opleidingsentrum in Ondangwa geopen. Shikongo het gesê die werwing van 841 kadetkonstabels is ‘n tydige reaksie op die dringende behoefte aan bykomende personeel binne die mag. Die nuwe rekrute wat die opleidingskursus vir ‘n tydperk van nege maande bywoon, bestaan uit 572 en 269 vroue, wat uit al 14 streke gewerf is. Hy het verder gesê om die leemte in die polisiemag te vul, word altesaam 28 000 mans en vroue beamptes landwyd benodig om veiligheid en sekuriteit in die land te verseker.