Namibië en Zambië vergemaklik oorgrens-handel
Die privaat sektor kan daarna uitsien om binnekort makliker handel te dryf met instansies in Zambië, nadat Namibië en die buurland wedersyds voordelige vennootskappe begin bevorder het deur verbeterde marktoegang. Die Ministerie van Handel en Nywerheid se woordvoerder, Elijah Mukubonda, sê die twee lande sal aandag gee aan uitstaande nie-tariefversperrings wat die vloei van goedere tussen hulle belemmer. Dit is om te verseker dat produkte vrylik oor hul gedeelde grense kan beweeg. Die twee ministers het ook ooreengekom om raadpleging oor die vestiging van ‘n vereenvoudigde handelsregime by die Katima-Mulilo/Wenela-grens af te handel.