Man, 43, dood terwyl hy intiem met meisie verkeerSeptember 11, 2023
Polisie-ondersoeke duur voort nadat ‘n 43-jarige man Saterdag op ‘n vreemde manier dood is in die Onethindi dorp-Oniipa area, Oshikoto streek. Die oorledene het glo skielik ineengestort net nadat hy met sy meisie intiem verkeer het. Volgens die meisie het Elia Nghinaunye Johannes van die bed af geklim en gekla oor borspyn, begin bewe, vreemd asemgehaal en uiteindelik flou geword. Hy het nooit weer opgestaan nie. Hy het ook wit skuim om sy mond gehad. Die lyk is na Onandjokwe Staatshospitaal-lykshuis vervoer. ‘n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsake van dood vas te stel, en ‘n geregtelike doodsondersoek sal geopen word nadat die postmoment uitgevoer is.