Libanon-ontploffing moet ondersoek word
Die VN se menseregte-hoof Volker Turk het die gebrek aan aanspreeklikheid vir die 2020 Beiroet-hawe-ontploffing verwerp en ‘n internasionale ondersoek aangemoedig/ na die massiewe ontploffing wat dele van die stad vernietig het. Op 4 Augustus 2020 het ‘n groot hoeveelheid ammoniumnitraat wat by die hawe van Beiroet in die hoofstad van Libanon gestoor is, ontplof, wat ten minste 218 sterftes, 7 000 beserings en 15 miljard Amerikaanse dollar se skade aan eiendom veroorsaak het. Ongeveer 300 000 mense is dakloos gelaat. Turk sê ‘n internasionale feitesending is nodig om te kyk na menseregteskendings wat me die ontploffing verband hou.