Landbou-produksie kwyn op vasteland
Volgens die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie het voedselproduksie per capita tussen 1960 en 2000 wêreldwyd toegeneem, behalwe in Afrika suid van die Sahara. Hoewel die vasteland 12 persent van die wêreld se bewerkbare grond het, het sy aandeel in die wêreldhandel in landbouprodukte van 10 persent in 1960 tot 2 persent vandag afgeneem. Sy landbouhandelsbalans, wat tot 1980 gebalanseerd was, het verswak as gevolg van voedselinvoere van veral rys, olie en koring. Produksie op die vasteland bly laag weens ‘n gebrek aan organiese en minerale insette. Slegs sowat 10 kilogram kunsmis word per hektaar per jaar gebruik, 20 keer minder as in geïndustrialiseerde lande en tien keer minder as die wêreldgemiddeld.