Kommer oor geslagsgeweldsake wat in howe teruggetrek word
Die Wes-Kaapse LUR vir Gemeenskapsveiligheid en Polisie-oorsig Reagen Allen, het kommer uitgespreek oor ondoeltreffendheid in die polisie met die oplos van geslagsgeweldsake in die provinsie. Die tweede- en derdekwartaalverslae van die departement se Hofmoniteringsopdrageenheid dui aan tussen Oktober verlede jaar en Maart vanjaar is altesaam 283 sake wat by 33 howe dopgehou is van die rol geskrap weens SAPD-ondoeltreffendheid. Hy sê 77 daarvan was geslagsgeweldsake: