Kommer oor afvalwater-hantering in buurland

ActionSA in die Oos-Kaap sê hy is bekommerd omdat die bestuur van afvalwater in die land en veral die provinsie jammerlik onvoldoende is. Dit skep ernstige gesondheids-, omgewings- en ekonomiese risiko’s vir inwoners. Die party sê hy het onlangs na die watersuiweringsituasie in Nelson Mandelabaai, Makhanda en Buffalo City gekyk. ActionSA se provinsiale voorsitter, Athol Trollip, sê sommige van die ouer stelsels gebruik verouderde uitvloeistelsels wat daagliks rou riool in strome en riviere stort omdat dit nie die hoeveelhede kan hanteer nie: