Dit wil voorkom asof Namibiese konrakteurs doelbewus uitgesluit word
Die Konstruksie Industrie-federasie het met kommer waargeneem dat Chinese maatskappye voorkeur ontvang met tenders vir veral pad-konstruksie in die land. Dit is ook die geval met die onlangse toekenning van die tender vir die pad tussen Karibib en Usakos. Bärbel Kirchner van die federasie sê dit blyk of die kontrakteurs doelbewus uitgesluit word.
Sy voeg by dat dit die plaaslike bedryf ondermyn en skep die beeld dat plaaslike maatskappye nie aan die vaardighede beskik om die werk te voltooi nie.