Buthelezi word Vrydag begrawe
Die provinsiale regering in KwaZulu-Natal het aangekondig dat die begrafnisdiens van prins Mangosuthu Buthelezi Vrydag sal plaasvind. Die IVP-stigter is Saterdagoggend in die ouderdom van 95 by sy woning KwaPhindangene naby Ulundi dood. Premier Nomusa Dube-Ncube is deurlopend in gesprek met die Presidensie oor die begrafnisreëlings. Die provinsiale regering sê Buthelezi se familie het ‘n markiestent by die ingang tot sy woning opgerig, waar daar in aanloop tot die begrafnis elke middag om vyfuur ‘n diens gehou sal word.