Amerikaanse geldeenheid verswak, rand effe beter…
Die Suid -Afrikaanse rand het vroeg vandag beter vertoon teen ‘n swakker Amerikaanse dollar. Beleggers wag op die buurland se vervaardigingsdata sowel as die Amerikaanse verbruikersprysindeks wat Woensdag bekend sal wees. Die Amerikaanse geldeenheid het in die afgelope 24 uur met ‘n halwe present verswak en die rand verhandel tans teen rondom 18,80 teen die dollar.