Wanvoeding in Omaheke kry aandag, nog 11 gevalle, 1 sterfte

Na berigte dat 45 kinders onder die ouderdom van vyf vanjaar aan wanvoeding in die Omaheke-streek dood is, het die Swapo vise-president Netumbo Nandi-Ndaitwah besoek afgelê in die streek. Volgens wat berig word het die streek 11 nuwe gevalle van wanvoeding bevestig met een sterfte wat in Julie en Augustus aangeteken is. Die voorsitter van die Tegniese Komitee vir Wanvoeding, Reree Kaune, sê dat ten spyte van uitdagings soos ‘n gebrek aan voedselsekerheid en alkoholmisbruik, het die meeste kwesbare gemeenskappe in die streek wel pogings aangewend om wanvoeding aan te spreek. Daar is onlangs berig dat ‘n Namibiese gesin van vyf minstens 3 131 Namibiese dollar per maand benodig om aan hul minimum voedingsvereistes te voldoen, met 43,1 persent van Namibiërs wat beperkte groei ervaar as gevolg van voedseltekorte.