RWC: Bokke draf net voor ses uit vanaand

Suid-Afrika se verdediging van hulle Wêreldbekertitel begin vanmiddag in Marseilles teen Skotland. Beide spanne glo die kragmeting sal die toon aangee vir die res van hulle veldtogte. Die Springbokke is tans tweede op die wêreldranglys en die Skotte vyfde, maar die Bokke sê daar bestaan nie so iets soos ‘n maklike wedstryd in die toernooi nie. Die wedstryd skop om kwart voor ses af. Vandag se aksie begin nou in Toulouse wanneer Japan te staan kom teen Chili. In die laaste wedstryd wat nege-uur in Bordeaux begin, speel Wallis teen Fidji.