Dodetal in Marokko styg tot 2 000
Die dodetal in die aardbewing in Marokko het tot 2 000 gestyg. Die skudding, wat 6,8 op die Richterskaal gemeet het, het sentraal-Marokko Vrydagnag net na 11-uur getref. Die land het drie dae van nasionale rou verklaar. Owerhede het ook die weermag opdrag gegee om reddingspanne na geaffekteerde gebiede te ontplooi om drinkwater, voedselvoorrade, tente en komberse te voorsien. Baie van die slagoffers is in moeilik bereikbare berggebiede. Die episentrum was in die Atlas-berge, ongeveer 71 kilometer vanaf Marrakech.