Australiese polisie ondersoek sluipmoord van misdaadfiguur

Die Australiese polisie het ‘n soektog van stapel gestuur na die aanvallers wat ‘n misdaadfiguur van Melbourne, Gavin Preston, doodgeskiet en sy metgesel ernstig gewond het. Die 50-jarige Preston en ‘n jonger man, wat glo in sy 20s is, het buite ‘n kafee sit en eet. Twee mans het skote gevuur uit ‘n verbygaande motor, wat later verlate aangetref is. Die polisie beskou die aanval as ‘n georganiseerde misdaadskietery. Media in Australië berig Preston is onlangs uit die tronk vrygelaat nadat hy ‘n vonnis uitgedien het vir die moord op ‘n dwelmsmous in 2012.