Shikongo se N$1m-dagvaardiging teen Amushelelo geskrap
Die saak waar die Namibiese polisie-baas, luitenant-generaal Joseph Shikongo die omstrede arbeidsaktivis Michael Amushelelo vir 1 miljoen Namibiese dollar in skadevergoeding dagvaar, is van die rol in die hoërhof verwyder. Die kennisgewing vir ‘n aansoek om ‘n verstekvonnis is nie volgens hofreëls op Amushelelo bedien nie. Die saak spruit uit Amushelelo se kommentaar dat Shikongo ‘n moordenaar is. Dit kom na die motorongeluk op 30 Desember verlede jaar waarin Shikongo betrokke was en waar drie mense in die ander voertuig oorlede is. Daardie ondersoek duur steeds blykbaar voort.