Selfone ens.: Geen buitelandse handelsmerke in Chinese regering nie
China het amptenare by sentrale regeringsagentskappe beveel om nie toestelle met buitelandse handelsmerke vir werksdoeleindes te gebruik of selfs na die kantoor toe te bring nie. Hierdie verbod sluit gewilde toestelle in, soos Apple se iPhones. Volgens die Wall Street Journal is die verbod ingestel voor ‘n Apple-geleentheid wat volgende week geskeduleer is, waar die tegnologiereus na verwagting ‘n nuwe reeks iPhones sal bekendstel. Die skuif vorm deel van China se strewe na selfstandigheid in tegnologie. China is een van Apple se grootste markte wat byna ‘n vyfde van sy inkomste genereer.