RCC-werkers sat, maar maatskappy struikel
Werkers by die Padkontrakteursmaatskappy sê hulle is uiters ongelukkig oor hulle werkstoestande. Hulle voer aan hulle het in sewe jaar nie ‘n verhoging ontvang nie en voeg by hulle jaarlikse verlof is na 12 dae verminder, sonder enige onderhandelings en betrokkenheid van die vakbond vir openbare werkers, Napwu. Die maatskappy is jare lank reeds in die knyp en het in 2019 ‘n reddingsboei van die poskantoor ontvang toe Bank Windhoek sy hoofkwartier wou opveil vir meer as 80 miljoen Namibiese dollar se skuld. Volgens wat berig is vroeër vanjaar, kos die personeel die maatskappy 3 miljoen dollar maandeliks terwyl hy ‘n skuldlas van 8 miljoen dollar het en die regering oorweeg om hom te likwideer.