Meerderheid van vakbonde, werkgewersverenigings kom nie Arbeidswet na nie
Daar is net vyf uit 47 vakbonde en twee uit 17 werkgewersverenigings wat die Arbeidswet nakom. Die organisasies is by die kantoor van die arbeidskommissaris geregistreer maar, dien nie ouditverslae, ingevolge die wet, in nie. Die arbeidsministerie sê sommige het sedert registrasie nog nooit enige verslae ingedien nie. Jeremia Namalenga, woordvoerder by die arbeidsministerie sê die organisasies het tot 30 November.