Derde maand van dalings in gebruik van ChatGPT

OpenAI se ChatGPT-platform het ‘n afname in maandelikse verbruikers aangeteken, die derde opeenvolgende maand. Besoeke aan die webtuiste is af met 3,2 persent na 1,43 miljard in Augustus. Daar is dalings van ongeveer 10 persent in Junie en weer in Julie aangeteken. Die tyd wat gebruikers op die webtuiste bestee het ook gedaal van 8,7 na 7 minute. Die hoeveelheid unieke gebruikers het gegroei van 180 miljoen na 180,5 miljoen. Kenners meen die webtuiste sal in die komende maande beter vertoon met die nuwe akademiese jaar wat die maand in die noordelike halfrond begin het.