ANC-regering vorder goed met bekamping van onwettige mynbedrywighede

Die Instituut vir Sekerheidstudies sê hy is tevrede met die regering se vordering in die hantering van onwettige mynbedrywighede in Suid-Afrika. Hierdie myn-operasies aan die verre Wes-Rand in Gauteng het verlede week ‘n groot terugslag beleef toe ses vermeende baasbreine in hegtenis geneem is. Na raming bestee myne jaarliks meer as 2,5 miljard Suid-Afrikaanse rand om hulle bedrywighede teen onwettige mynwerkers te beskerm. Lizette Lancaster van die instituut sê meer vervolgings moet plaasvind: