Uerikua beklemtoon belangrikheid van SME’s
Die goewerneur van die Otjozondjupa-streek, James Uerikua sê ondersteuning vir, en ontwikkeling van SME’s is uiters belangrik. Hy het by die Okakarara-handleskou gepraat. Hy voeg by dat die sektor 90 persent van alle firmas buite landbou uitmaak en is ‘n belangrike bron van werkskepping. Daarom is die sektor ‘n sleutelinstrument in pogings om armoede te verminder. Die goewerneur het verder gesê dit bied globalisering en handelsbevryding nuwe geleenthede sowel as uitdagings vir SME’s en tans kan net ‘n handvol van die maatskappye die geleenthede identifiseer en ontgin.