Zambezi-boere stoei voort vir betaling van ’21 se oes
‘n Groep bejaarde boere in die gebied van Katima Mulilo sê hulle sal voortgaan om betaling vir mielie-oeste wat hulle reeds in 2021 aan die plaaslike meulenaar verkoop het, te eis. Die boere het middel-Augustus ‘n versoekskrif aan die goewerneur Lawrence Sampofu oorhandig het waarin hulle betaling van 2021 se vekope aan Agrimill in die Machita-omgewing eis. Hulle eis ook 5 persent rente. Agrimill se direkteur, Bernard Mbeha, het in Augustus gesê is die fondse destyds deur ‘n bestuurder gesteel maar hy het bygevoeg hulle tref reëlings om die boere te betaal.