Trump se olie- en gasprojekte in Alaska gekanselleer

Die Amerikaanse departement van die binneland sê hy sal olie- en gaskontrakte wat in die laaste dae van oudpresident Donald Trump se termyn onderteken is, kanselleer. Die kontrakte is in Alaska in ‘n beskermde gebied. President Joe Biden, het onderneem om die 7,9 miljoen hektaar Arctic National Wildlife Refuge vir ysbere en ander wild te beskerm. Die departement sê in ‘n verklaring dat aardverwarming die Arktiese gebied uiters vinnig verhit en dus moet dit onder beskerming wees.