Raymond Ackerman sterf op 92
Pick n Pay se stigter, Raymond Ackerman, is op 92-jarige ouderdom dood. Die entrepreneur het die kleinhandelreus in 1967 saam met sy vrou, Wendy, gestig nadat hy vier winkels in Kaapstad gekoop het. Pick n Pay het tans meer as 2 000 winkels in Suid-Afrika, met nog winkels in Namibië, Botswana, Zambië, Nigerië, Eswatini en Lesotho. Die winkelgroep sê in ‘n verklaring die kernwaardes waarvolgens Ackerman geleef het, is dat die kliënt koning is en dat dit goeie sakepraktyk is om aan ander goed te doen. Hy voeg by hierdie waardes was 56 jaar lank die onderneming se rigsnoer.