Graad 9-leeering, 19, vas vir babastorting

‘n 19-jarige Namibiese vrou is naby Omuthiya in hegtenis geneem nadat sy geboorte geskenk het aan ‘n babaseuntjie en hom na bewering langs haar slaapkamer begrawe het. Die vrou is ‘n graad 9 leerling. Die polisie sê haar ouers was bewus van haar swangerskap en dit is hoe die oorskot van die baba gevind is. Terwyl die mag geen besonderhede verskaf het oor hoe en waar sy geboorte geskenk het nie, lui die verslag dat sy tans in die hospitaal is vir mediese behandeling terwyl die polisie die baba se oorskot geneem het vir ‘n nadoodse ondersoek.