Alweendo sê meer as 10% plaaslike aandeelhouding in olie is moontlik, maar…

Daar is vrae oor die aandeelhouding van Namcor, namens die Namibiese regering, in olie-eksplorasie en natuurlike hulpbron-ontginning in die land. Op die oomblik het Namcor 10 persent aandeelhouding in alle projekte – maar hy dra geen finansiële verantwoordelikheid vir die projekte nie. Die minister van myne en energie, Tom Alweendo sê dit is moontlik om groter aandeelhouding te bekom maar, beleggers moet gerusgestel word. Hy verduidelik.