Alcaraz se spel is indrukwekkend – Medvedev
Die Amerikaanse Ope verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz, kom môre in New York in ‘n halfeindstryd te staan teen die 2021-kampioen, Daniil Medvedev van Rusland. Die 20-jarige Spanjaard het die top-gekeurde Duitser Alexander Zverev met 6-3, 6-2, 6-4 verslaan en so die jongste man geword wat drie Grand Slam-halfeindstryde in dieselfde jaar haal, sedert Novak Djokovic in 2007. Medvedev het sy vriend en landgenoot, Andrey Rublev, met 6-4, 6-3, en 6-4 geklop en die halfeindronde van die Amerikaanse Ope die vierde keer gehaal. Medvedev sê Alcaraz se spel is indrukwekkend:
In die ander halfeindstryd kom die driemalige Amerikaanse Ope kampioen, Novak Djokovic, teen die jong Amerikaner, Ben Shelton, te staan.