AgriSA staan veldbrand-boere by

AgriSA se Ramphulpstigting sê hy gaan geld skenk aan Vrystaat Landbou en Agri Noordwes, om by te dra tot die noodlenigingspoging vir die landbousektor. Die aankondiging is gemaak teen die agtergrond van verwoestende veldbrande in die Vrystaat, Noordwes en Noord-Kaap wat ‘n gebied van meer as 400 000 hektaar raak. AgriSA sê die brande wat in sommige gevalle steeds voortwoed, het reeds gelei tot ‘n verlies aan weiding en vee, insluitend skape, beeste en wildlewe wat óf doodgebrand het óf van kant gemaak moes word.