2023 tweede warmste jaar op rekord
Die hoof van die Verenigde Nasies Antonio Guterres se die wêreld se klimaatineenstorting het begin. Sy waarskuwing kom na die Wêreld Meteorologiese Organisasie berig het dat die wêreld deur sy warmste noordelike halfrond-somer op rekord beleef het. Europa se Copernicus Climate Change Service sê Augustus was die warmste maand op rekord – met ‘n groot marge – na raming sowat 1,5 grade Celsius warmer as die pre-industriële gemiddelde. Volgens Copernicus is 2023 tot dusver die tweede warmste jaar op rekord, na 2016. Guterres sê stappe moet nou geneem word.