17 dood in Russiese aanval op mark

Minstens 17 mense waaronder ‘n kind is dood en sowat 32 gewond nadat ‘n Russiese missiel ‘n besige mark in die Oekraïnse stad Kostiantynivka getref het. Die aanval is een van die dodelikste die afgelope maande in die land. Die Oekraïnse prokureur-generaal het ‘n ondersoek na die aanval van stapel gestuur om volgens sy kantoor strafregtelike sake aanhangig te maak oor die skending van die wette en gebruike in oorlogstyd. Oekraïne se president Volodymyr Zelensky het die aanval as uiters onmenslik beskryf en sê hierdie Russiese boosheid moet so gou moontlik beëindig word.