Zambiër, 21, vas in Zambezi vir veediefstal

Die Namibiese polisie sê ‘n Zambiese burger is in hegtenis geneem op klagte van veediefstal en die onwettige betreding van Namibië. Volgens wat berig word, het die man, 21 jaar oud, sewe bees gesteel naby Ngoma en hulle aangejaag om hulle oorgrens na Zambië te neem. Die waarde van die diere word op 57 000 Namibiese dollar beraam en die verdagte sal na verwagting môre in die hof op Ngoma verskyn. Boere in die Zambezi streek gaan reeds ‘n geruime tyd gebuk onder veediefstal met diewe wat gewapen is en somtyds op die boere skiet. Miljoene is in die afgelope jaar verloor.