VSA Ope: Gauff is deur na halfeindronde
Die Amerikaanse tiener Coco Gauff het haar plek in haar eerste Amerikaanse Ope-halfeindronde bespreek. Die 19-jarige speler het die 20ste gekeurde Letlander, Jelena Ostapenko, in 67 minute met 6-0 en 6-2 afgeransel. Sy het die eerste Amerikaanse tiener geword om die laaste vier in New York te haal sedert Serena Williams dit in 2001 reggekry het. Gauff kom môre teen die Franse Ope se naaswenner, Karolina Muchova te staan vir ‘n moontlike plek in die eindstryd.