Voedselbystand is om stemme te werf, dis mos Swapo-kos
Die PDM sê die meer as 890 miljoen Namibiese dollar wat die regering begroot het vir voedselbystand is om stemme te werf. Die party-president McHenry Venaani sê gemeenskappe word ingelig dat dit Swapo-kos is, en vir Swapo moet daar gestem word.