Tweede poging om Rossmund op te veil
Esterhuizen Auctions sal more 12-uur die Rossmund-gholflandgoed op veiling aanbied. Dit is die tweede keer wat die landgoed onder die hamer gaan na ‘n mislukte veiling in April. Die landgoed word op instruksie van die hoërhof opgeveil na ‘n aansoek deur die Ontwikkelingsbank van Namibië oor amper 20 miljoen Namibiese dollar in skuld. Op sy webtuiste sê die veilingshuis markverwante aanbiedinge met finansiële waarborge sal tot twee weke voor datum van veiling oorweeg word. Alle verwante inligting rakende die eiendom as ‘n lopende bedryf kan vir die laaste finansiële jaar verskaf word. Die veiling sal by die klubhuis plaasvind.