Stones stel nuwe musiek vry

Die rock-groep Rolling Stones gaan die eerste keer in 18 jaar ‘n nuwe ateljee-album met oorspronklike materiaal vrystel. Die groep se oorlewende lede, Mick Jagger, Keith Richards en Ronnie Wood is nou in hulle 70’s en 80’s. Die nuwe album sluit ‘n bydrae in deur die Beatles-musikant, Paul McCartney, wat op een snit baskitaar speel. Daar is ook bydraes deur die groep se toer-dromspeler Steve Jordan en opnames wat vroeër saam met wyle Charlie Watts gemaak is.