Ontwouding in Amasone bereik rekordlaagtes
Ontwouding in Brasilië se Amasone het in Augustus met 66 persent gedaal tot die laagste vlak sedert 2018. Die land se omgewingsminister Marina Silva, sê syfers oor die jare heen toon dat die syfer normaalweg op sy hoogste in Augustus is wat die daling nog meer suksesvol maak. Satellietdata dui aan dat 563 vierkante kilometer reënwoud in die maand verwyder is.