Moderna smous met nuwe Covid-spuit
Die farmaseutiese reus Moderna sê dat kliniese data toon dat sy opgedateerde Covid-entstof waarskynlik doeltreffend sal wees teen die BA.2.86-subvariant van die koronavirus wat vrese vir ‘n herlewing van infeksies laat ontstaan het. Die maatskappy sê sy spuit het 8,7 keer meer neutraliserende teenliggaampies by mense teen die spesifieke variant gegenereer. Daar is kommer in die noordelike halfrond oor nuwe uitbrekings van Covid tydens die komende winter.