Listeriose is redelik ‘algemeen’ in beesvleis in SA
Die Universiteit van Pretoria sê ‘n studie oor die voorkoms van die patogeen Listeria monocytogenes in beesvleis en beesvleisprodukte by sommige abattoirs en kleinhandelaars in Gauteng, Mpumalanga en Noordwes toon, 4,6-persent van verkoelde karkasse wat by sewe abattoirs in een van die provinsies getoets is, was met Listeria besmet. Die 2019-2020-studie is gedoen ná die uitbreking, vroeër, van listeriose in die land, wat tot 1 060 bevestigde gevalle en ongeveer 216 sterftes gelei het.