Lande wat Wagner huisves sal deur terreur-klassifikasie geraak word

Die Verenigde Koninkryk se regering gaan die Russiese huursoldaatgroep, Wagner, as terroriste-organisasie verklaar. Dit bring mee dis onwettig om in dié land ‘n lid van die groep te wees of dit te ondersteun. Maar, soos Britse generaal Richard Barrons verduidelik, die grootste impak sal op regerings wees wat die Wagner-groep huisves.