Kreef-vaartuig naby Lüderitz is vermis

Die ministerie van werke en vervoer sê sy direktoraat van maritieme aangeleenthede sê ‘n kreef-vaartuig, Newlands, is vermis. Volgens die ministeriële woordvoerder Julius Ngweda, het die vaartuig Lüderitz op 3 September oor die midddaguur verlaat en is sedertdien verlore. Daar is nege bemanningslede aanboord. Alle belanghebbendes en vaartuie in die naby gebied is reeds ingelig.