Klimaat: Afrika trek swaarste vir probleem wat hy nie geskep het nie
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê hy glo Afrika kan ‘n supermoondheid word in die veld van hernubare energie. Hy het die eerste Afrika-klimaatberaad in Kenia toegespreek. Minstens 4 000 mense op die vasteland is dood en 19 miljoen is sedert die begin van verlede jaar deur uiterste weerstoestande geraak. Guterres sê Afrikane trek die swaarste onder klimaatsverandering wat hulle nie veroorsaak het nie.
Klimaat: Afrika trek swaarste vir probleem wat hy nie geskep het nie