Die kwessie van hospitale, rotte en katte
Nes daar uitdagings was met ‘n tekort aan katte by die Katutura-hospitaal wat toe ‘n rot-plaag ervaar het, sukkel Oshakati nou met dieselfde probleem, maar anders om. Plaaslike berigte lui dat daar kolonies van die katte in en om die Oshana-streek se grootste hospitaal wat begin om uitdagings te bied. ‘n Taakmag van die hospitaal, die dorpsraad en Unam is saamgestel om ondersoek in te stel na moontlike oplossings, wat die beskikbaarheid van natuurlike prooi vir die katte insluit. Welsynsorganisasies het ook ingespring en begin om die katte te steriliseer. Kenners is dit eens dat sou die kolonies verwyder word, die hospitaal dieselfde uitdagings soos die Katutura-hospitaal met rotte sal ervaar.