ATM sê daar moet in die geheim oor Artikel 194-verslag gestem word
Die African Transformation Movement versoek die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, vir ‘n geheime stemming oor die Artikel 194-komitee se verslag oor die geskorste Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane. Die komitee beveel aan sy moet verwyder word nadat daar bevind is sy is nie geskik vir die amp nie. Die stemming vind Maandag plaas. Zama Ntshona van die party sê sedert die ontstaan, indien nie vroeër nie, is die aanloop tot en die proses self gekenmerk deur verskeie bewerings van ‘n polities voorafbepaalde uitkoms: