Suid-Korea wil aardmetale verwerk, nie ontgin nie

Suid-Korea mik op potensiële beleggingsgeleenthede in die raffinering van seldsame aardmetale in Namibië, eerder as mynbou. Volgens die land se presidensiële gesant, Yoon Sang Jick, wat die sake-afvaardiging na Namibië gelei het, sal beleggings gestruktureer word op vennootskappe wat verband hou met raffinering om die waardetoevoeging van minerale in Namibië te verseker. Yoon sê die fokus is nie op eksplorasie nie. Hy voeg by Suid-Korea poog om ooreenkomste te bewerkstellig vir kritieke seldsame metale. Namibië het ‘n aantal kritieke aardminerale soos litium, kobalt, grafiet, blik en meer.