Sentrale damme is maar 20% vol
Die drie sentrale damme wat water aan, onder andere, die hoofstad voorsien, is maar 30,6 persent vol teenoor 50,9 persent verlede seisoen. Omatako is leeg met Von Bach op 20 persent. Swakoppoort is amper 60 persent vol. Dinge lyk nie veel beter in die Ooste nie met Ojtiverodam op 8,4 persesnt van kapasiteit. Gekombineer met die twee Viljoendamme, is bronne vir die Ooste op ‘n skamele 6,6 persent. Die Suide vertoon baie beter, meestens as gevolg van Neckartaldam wat braak lê maar 90 persent vol is. Hardapdam het 31,2 persent water en net meer as 1,3 miljoen kubieke meter is in die afgelope week benut vir besproeiing. Nautedam by Keetmanshoop is 57,3 persent vol en Oanob by Rehoboth is op 54,5 persent. Daar is vir ‘n slag water in die Olushandjadam in die Noorde na stappe deur NamWater om ‘n versperring te verwyder. Die dam is amper 40 persent vol.